Hoërskool Punt in Mosselbaai se WISH-projek het vroeër vanjaar begin. Dit beteken eintlik WEES IEMAND SE HELD!
‘n Paar van die Wish-leerders het op 11 Mei 2018 die Môreson-kinderhuis besoek om met die kinders te gesels en te bederf.
Aangeheg foto van die Punt-leerders wat hierdie uitstappie meegemaak het:
Kyla Viljoen, Annemie de Graaff, Sune Joubert, Hannah Venter, Kayla Hanekom en Sean Vermaak.