Vlnr: Simoné Ferreira, Kass Muller, Mnr. Gustav Steinhöbel (afrigter), Wouter Dercksen, Stiaan Venter, Eduan Hobbs en Whitey Bester
Die Eden-Streek se Gholf-finaal het op 28 Februarie op die Mosselbaai Gholfbaan plaasgevind.
Deelnemende skole was: Hoërskool Punt, Hoërskool Oudtshoorn, Hoër landbouskool Oakdale, Glenwood House, Langenhoven Gimnasium en Rundle College.
Hoërskool Punt spog ook met die volgende prestasies:
Beste netto telling
Stiaan Venter wen die seuns o.15 afdeling
Simoné Ferreira wen die dogters o.15 afdeling
Baie geluk aan Mnr. Gustav Steinhöbel (afrigter) en sy baie jong gholfspan!