Op Vrydag, 8 September 2017 het 25 van Hoërskool Punt se lang- en kortafstand atlete vertrek om aan die jaarlikse Swellendam-aflosbyeenkoms deel te neem. Die byeenkoms het goeie kompetisie opgelewer.
Die volgende atlete het deelgeneem:
Sarah Botha; Lereen Mostert; Jaydé Hermanus; Shaleen Mostert; Kyall Baartman; Danic Berry; Stefan Coetzer; Ethan Harris, Abigail Figland; Courtney Williams; Elize-Mari Beck; Carmel Treurnicht; Callie Schutte; Jay-dee van Reenen; Liam Kannemeyer; Sthembiso Dhlamini; Danie van Langelaar; Andrea Kommer; Leandie Engelbrecht; Victor Barnard; Sharl Oosthuizen; Will Manuel; Rowan Jaftha en Jonique Erasmus.
Verder spog Hoërskool Punt ook met ‘n baie suksesvolle Atletiekuitdunne-week. Atlete het die geleentheid gekry om gedurende die uitdunne aan al die items deel te neem, om sodoende te bepaal watter atlete vir die res van die 2017-seisoen, dopgehou moet word. Baie goeie resultate is behaal en ons sien daarna uit om te sien waartoe hierdie atlete in staat is.
Ons atlete is hard aan die oefen vir ons jaarlikse Madibaz Bestmed Top 10 byeenkoms, aangebied deur Hoërskool Punt, wat op die 30ste September plaasvind. Ons verwag ongeveer 450 atlete van regoor die land. Die skole wat deelneem, sluit in:
Framesby; Paul Roos; Daniel Pienaar; Park; Swellendam; Worcester Primêr; Nico Malan; Hopetown; Outeniqua; Boland Landbou; York High; Bredasdorp; Oudtshoorn; Prieska;Kempton Park; Brackenfell; Curro Mosselbaail… en vele meer!
Baie dankie aan elke atleet en beampte wat tydems hierdie uitdunne en aflosbyeenkoms hul beste gelewer het.
Chris Rossouw (Atletiekorganiseerder)