Hoërskool Punt. Hoërskool Punt van Mosselbaai verwelkom graag vir Carlissa Kuun en Chanél de la Rosa as nuwe onderwysers vir 2022. Get to know Point High School’s new staff members.
Juffrou Chanél de la Rosa is afkomstig van Worcester. Sy het onlangs haar graad voltooi en is dus ‘n nuwe onderwyser. “Ek sien uit om by Punt te groei, te leer, te leef en ‘n omgewing te skep waar leerders hulle volle potensiaal kan bereik – alles tot eer van die Here.
Juffrou Carlissa Kuun is van Mosselbaai. “My vorige ervaring, ek het pas klaar studeer. Ek het deeltyds geswot en het die afgelope vier jaar swem afgerig in die dorp tewyl ek my BCom en NGOS voltooi het. Ek sien uit om by Punt deel te wees van die Visse span!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za