HJ Nell (o/14) van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het tydens vanjaar se Interhuis-atletiekbyeenkoms die rekord van F. van Zyl in die 1500m gebreek.
Die ou rekord van 1987 was 4:49.10 en HJ se tyd was 4:39.10.
HJ het die rekord wat al vir 32 jaar staan, met 10 sekondes verbeter!