Anika Beukes
Hoërskool Punt se atletiekspan het die afgelope naweek aan die Bredasdorp Top 10-byeenkoms deelgeneem. Altesaam 88 spanne was deel van hierdie byeenkoms. Skole soos Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Grey Kollege, Bloemfontein en Boland Landbou het deelgeneem.
Hoërskool Punt het 5 medaljes gewen,
- Anika Beukes: Goud (100m Dogters o/15), Silwer (200m Dogters o/15)
- Abigail Figland Goud (Driesprong Dogters o/17)
- Lara Lubbe Silwer (300m Hekkies Dogters o/14)
- Mario Swanepoel (Hammergooi Seuns o/15).
Punt het ‘n baie goeie dag ervaar en het algeheel 15de geëindig en is geweldig trots op die atlete wat week in en week uit hulle beste gee. Punt eindig die 2019-seisoen met die SWD Talent ID-byeenkoms in Oudtshoorn.
Punt het tydens die laaste 3 byeenkomste 35 medaljes verower!