)

Hoërskool Punt-atlete skitter by Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe

Vlnr:  Jandri Snyders, Deacon Cooper op die podium en Anika Beukes.

12 Atlete van Hoërskool Punt het die naweek van 13 en 14 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe wat by die Dal Josefat Stadion in die Paarl plaasgevind het, deelgeneem.  Punt se atlete het skitterend gevaar en verower 3 van die Eden-span se 29 medaljes.

Anika Beukes het Goud verower in Do.17 100m (12,70 sek), Deacon Cooper in

So.15 Hamergooi (43.77m) en Jandri Snyders Brons in Do.17 800m (2:19,58). Wat dit merkwaardig maak is dat aldrie hierdie atlete ‘n jaar jonger is as die ouderdomsgroep waaronder hulle deelgeneem het.

Ander uitslae was:

Girard September So.17 Driesprong, (13.33m) 5de plek

Anika Beukes Do.17 Driesprong (10.75m) 4de asook 200m 4de

Sharissa Janse van Rensburg Do.17 500m Stap (33:27.33) 4de

Joalize Steyn Do.15 200m (27.23 sek) 5de plek

Drie van Punt se atlete, Anika Beukes, Jandri Snyders en Sharissa Janse van Rensburg, is gekies vir die SWD Span wat by die ASA Byeenkoms sal deelneem.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal