Vlnr: Jandri Snyders, Deacon Cooper op die podium en Anika Beukes.
12 Atlete van Hoërskool Punt het die naweek van 13 en 14 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe wat by die Dal Josefat Stadion in die Paarl plaasgevind het, deelgeneem. Punt se atlete het skitterend gevaar en verower 3 van die Eden-span se 29 medaljes.
Anika Beukes het Goud verower in Do.17 100m (12,70 sek), Deacon Cooper in
So.15 Hamergooi (43.77m) en Jandri Snyders Brons in Do.17 800m (2:19,58). Wat dit merkwaardig maak is dat aldrie hierdie atlete ‘n jaar jonger is as die ouderdomsgroep waaronder hulle deelgeneem het.
Ander uitslae was:
Girard September So.17 Driesprong, (13.33m) 5de plek
Anika Beukes Do.17 Driesprong (10.75m) 4de asook 200m 4de
Sharissa Janse van Rensburg Do.17 500m Stap (33:27.33) 4de
Joalize Steyn Do.15 200m (27.23 sek) 5de plek
Drie van Punt se atlete, Anika Beukes, Jandri Snyders en Sharissa Janse van Rensburg, is gekies vir die SWD Span wat by die ASA Byeenkoms sal deelneem.