Lucia Pauw en Anri Knapp het op 25 Mei aan die semi-finale rondte van die ATKV-Debat (Oos-Kaap) deelgeneem. Hoërskool Punt het slegs een senior span ingeskryf en hulle het behoorlik hul weg oopgepraat deur, uit 14 deelnemende spanne van 9 verskillende skole, onder die top 2 senior spanne te eindig.
Hulle dring sodoende deur na die Nasionale finaal wat op 3 Augustus by die ATKV -Goudini Spa sal plaasvind.