Dertien leerders van Hoërskool Punt, Mosselbaai, het op 25 April aan die Radikale Redenaars se eerste rondte in Mosselbaai deelgeneem.
Twee van hierdie leerders, Sipho Ngcwangu en Anja van Staden, het op grond van hul uitstekende uitslae, direk deurgedring na die nasionale finale rondte wat later vanjaar in Pretoria gehou sal word.
Die volgende Hoërskool Punt-leerders gaan op 13 Julie aan die Wes-Kaap se semi-finale rondte by Hoër Meisieskool Paarl, deelneem:
Gr. 8: Mariné Botha en Stefani Muller
Gr. 9: Janika Pretorius, Carla Smit en Cozette Pretorius
Gr. 10: Douwlene Conradie en Anja van Staden
Gr. 11: Mieke Oosthuizen en Suné Joubert
Foto bo: Anja van Staden (links) en Sipho Ngcwangu (regs)