Hoërskool Punt van Mosselbaai se 1ste Dogtershokkiespan het gewys wie is “baas”, toe hulle al hul wedstryde wen!
Punt se 1ste dogtershokkiespan het die afgelope naweek, tydens die Loeriefees te Hoërskool Wittedrift in Plettenbergbaai, ‘n baie suksesvolle hokkie-dag gehad. Hulle het vyf wedstyde gespeel en wen al vyf oortuigend.
Die span teken ‘n totaal van 13 doele aan en staan geen doele af nie. Dankie aan Hoërskool Wittedrift vir die lekker geleentheid.
Agter vlnr: Elize-Mari Beck, Andrea Kommer, Janade Shaw, Jana Relihan, Hanzelle van Staden en Bianca Steyn
Middel vlnr: Claire Pretorius, Carlene Müller, Christelee Delport, Minette van Zyl, Amor Coetzee, Lené van der Gryp, Kayla Duthie en Abigail Figland
Voor vlnr: Me. L. Pelser (afrigter) en Elri Venter