Hoërskool Punt van Mosselbaai se o/15A-rugbyspan het die seisoen op ‘n hoë noot afgeskop.
Baie geluk aan die span wat Hoërskool Wittedrift van Plettenbergbaai tydens hul jaarlikse Loeriefees 28-3 gewen het.
Die 1ste span het ongelukkig vasgeval teen ‘n baie begeesterde span van Hoërskool Nico Malan in Humansdorp (19-39).
Foto: Marco Nel, Mikyle Groenewald en Janco Coetzer