Gerhard Maré en Diana van Niekerk het met ‘n inisiatief begin, in samerwerking met talle ander hoofleiers in ons land. Hulle doel is om hoop en ‘n positiewe boodskap onder ons leerders te versprei. Volg dus gerus die volgende 3 weke al die aktiwiteite en boodskappe (wat niks met skoolwerk te doen het nie) wat ons hier gaan plaas.
Dankie Gerhard en Diana vir julle inisiatief en voorloop in ‘n tyd waar almal lewe met vrees en bekommernis.