Francois Pienaar en Pres Nelson Mandela na die 1995 Wêrelbeker oorwinning
Schools That Rock publiseer kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Patriot van Witbank oud-leerder, Francois Pienaar, is een van die skool se oud-leerders wat na skool uitgestyg het!
Francois Pienaar is gebore in Vereeniging. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Patriot in Witbank voltooi. Na skool het hy ‘n atletiekbeurs van die Rand Afrikaanse Universiteit ontvang waar hy in die Regte studeer het. Francois het sy provinsiale debuut in rugby in 1989 vir die Transvaal gemaak. In 1993 is hy vir die Springbokspan gekies. Hy was reeds met sy eerste toets as kaptein verkies en is as een van die mees suksesvolle kapteins gereken. Francois was ook die kaptein van die Springbokke tydens die 1995 Wêreldbeker toe die Springbokke hul eerste Wêreldbeker oorwinning behaal het.
Na sy uittrede as Springbok, is Francois na Brittanje waar hy as speler-afrigter vir die Saracens-klub opgetree het. Onder sy leiding was hierdie klub baie suksesvol. Na sy uittrede as speler is Francois aangestel as die Saracens se HUB.
Francois is ook in 2005 vereer met die IRB se “Hall of Fame.”