)

Hoërskool Nelspruit werk met ‘n plan vir môre

Handré Homann (Dux) bemoedig leerders met aanlyn video

NHS-leerders en -onderwysers werk met ‘n plan vir môre!
Die inperkingstydperk het die geesdrif van die Nellie-leerders en -onderwysers nie geblus nie. Die tweede kwartaal het nie soos oudergewoonte met ‘n saalopening vol verwelkomingstoesprake die kwartaal ingelei nie, maar met ‘n bemoedigende boodskap deur Handré Homann (Dux) op sosiale media. Daarna is nog positiewe boodskappe, aangebied deur die Bestuurskomitee (BK), na die leerders, ouers en die gemeenskap via verskeie sosiale media platforms uitgestuur. Personeel en leerders het ook die Groenstoel-produksies gebruik om die 21-dae-inperking-video-uitdagings te plaas. Hierin kan ons sien hoe die Nellies oefen, studeer en nuwe talente tuis ontdek.

Me. Kriekie Bekker het die inisiatief geneem om deel te neem aan die aanlyn #toiletpaperchallenge. Die NHS-onderwysers het die eerste video gemaak en die Bestuurskomitee uitgedaag. Hulle het op hulle beurt weer Hoërskool Rob Ferreira en Penryn College se leiers uitgedaag. Die hutsteken het vinnig onder die Laeveldskole begin versprei en die uitdagings word baie kreatief uitgebeeld.

Die jaarlikse NHS-gebedsweek gaan voort en word vanaf Sondag, 26 April tot Sondag 3 Mei aanlyn aangebied.

NHS se onderwysers het reeds aan die einde van die eerste kwartaal leerders op Google Classroom geregistreer en hulself met dié platform vertroud gemaak.  Dus kon die onderwyser tydens huiskluistyd seker maak dat die leerders genoeg inligting en skoolwerk het om te doen. Buiten die huiswerk is aanlynklasse op die verskillende platforms WhatsApp, Zoom en Google Classroom aangebied. Personeel bestee geweldig baie tyd aan voorbereiding en leer by mekaar rakende die tegnologie en nuwe aanlyn-onderrigmetodiek.

Die skool het ook ondersoek ingestel oor die effektiwiteit van dié manier van klasgee. Daar is ‘n vraelys aan al die ouers uitgestuur en die terugvoer wat ontvang is, word gebruik om die nodige aanpassings te maak. Meer as 96% van die leerders is tans aktief op die verskillende platforms.

Die skool se bestuur is intussen aan die werk om leerlinge en personeel se veiligheid ‘n prioriteit te maak vir wanneer die skool weer heropen.

Baie sterkte met die uitdagings wat voorlê.

Mnr Ferdi van Wijk werk tuis
Mnr Dylan Herbst tydens aanlyn

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal