Na die hermerk van 2019 se matriekeindeksamen is Hoërskool Ermelo uiters trots om te sê dat die simbole van EHS met sewe A-simbole, drie B-simbole en twee C-simbole gestyg het. Dit laat die Erries met ‘n totaal van 101 onderskeidings en 166 B-simbole!
Die volgende leerders ontvang onderskeidings vir hul verskeie vakke wat laat hermerk is: Yonette Fourie vir English First Addisional Language, Rikus Cilliers vir Wiskundige Geletterdheid, Zoë-Anne Damons vir Afrikaans Eerste Addsionele Taal, Clariz Olivier vir Arikaans Huistaal, Dané Thirion vir Lewensorïentering en Marla Oosthuizen ontvang twee onderskeidings vir onderskeidelik Afrikaans Huistaal en Lewenswetenskappe.
Verskeie ander punte het ook verander, maar die simbole het dieselfde gebly.
Die Erries is trots op die Matriekklas van 2019 en wens jul alle sterkte toe met jul blink toekoms.