Dirigente van Dorpshuis
In die lig van die nuutste verwikkelinge rakende die COVID-19 virus, is HoĆ«rskool Ermelo se jaarlikse groentjiekonsert met ān dag vervroeg. Dit het plaasgevind op 17 Maart 2020.
Die Erries het weereens gewys wat EHS-leerders onder druk kan vermag. Die temas en vereistes van vanjaar se groentjies is op 6 Maart aan die leerders gegee. In ooreenstemming hiermee moes die graad 12ās self die konsert skryf, dekor bou, kostuums en danse uitwerk ā dit alles binne slegs ān paar dae tussendeur hul sport- en akademiese verpligtinge! ān Halfuur voordat die konsert ān aanvang neem, word daar ook aan elke huis ān verrassingselement gegee wat in die konsert gebruik moet word.
Nie alleen die graad 12ās en graad 8ās neem aan groentjies deel nie – die oorblywende grade moet onder leiding van die graad 11-dirigente ān huisdans doen.
Jaar na jaar is die groentjiekonsert een van die hoogtepunte op EHS se kalender. Selfs onder die druk van onvoorspelbare gebeure wat vanjaar voorbereidingstyd gesteel het, staan die ouers, onderwysers en gemeenskap verwonderd oor die talente en vermoƫns van elke Hoƫrskool Ermelo-leerder.
Alhoewel die groentjiekonsert ān kompetisie is wat onderling tussen die huise plaasvind, is die band wat die Erries tot ān eenheid smee steeds duidelik te bespeur. DiĆ© band word jaarliks versterk ā die skool is suksesvol omdat die huise suksesvol is en vice versa.
Die uitslae van 2020 se groentjiekonsert was as volg:
Beste dirigente-aankoms: Nelstehuis
Beste huisdans: Nelstehuis
Beste uitbeelding van die tema: Dorpshuis
Beste advertensie: Nelstehuis
Beste kostuums: Nelstehuis
Beste dekor: Nelstehuis
Beste groentjiedans in konsert: Dorpshuis
Beste humor: Dorpshuis
Beste nuusberig: Huis Veltman
Beste storieverteller(s): JF Moller en Melissa Olivier van Dorpshuis, asook Katelyn Potgieter van Nelstehuis
Beste akteur: Marnus Marx van Dorpshuis
Beste aktrise: Mia Davel van Nelstehuis
Beste gebruik van verrassingselement: Huis Veltman
Beste konsert: Dorpshuis
Algehele wenners: Dorpshuis
Baie geluk aan elke huis met ān uitmuntende konsert. Elkeen van julle vorm deel van HoĆ«rskool Ermelo se perfekte prentjie.