Spelers van links: Lente Treurnich, Le Roux Nieuwoudt, Karien Burger, Karleine Herbst (regie), Carien du Plessis, Paul Slater en die Tegniese span, Luan Stander en Simone Schoeman.
Hoërskool Outeniqua, George, se leerders neem 17 Augustus deel aan Tienertoneel by die ArtsCape in Kaapstad.
Die produksie se naam is “Hittegolf” en is geskryf deur Martyn le Roux.
Dit is oorspronklik ‘n radiodrama wat vir die verhoog verwerk is deur Karleine Herbst.
Hittegolf handel oor 2 dae van intense hitte tydens 2017 se droogte in die Kaap en alles wat dan gepaardgaande verkeerd loop in hierdie gesin van Belville se lewens.
Dit is ‘n donker komedie,’ n lag met ‘n traan. Beslis’ n onvergeetlike teaterervaring!