Lara le Roux van Hoërskool Outeniqua in George en haar reunperd, Kanna Kadin, het op 3, 4 & 5 Julie aan die Fauresmith Internasionale 204 km uithourit deelgeneem. Die ysige temperature in Fauresmit het gewissel tussen -6,5 grade en -4 grade.
Lara het vir die WP liggewigspan deelgeneem, waar sy ‘n 6de plek verwerf het en ‘n algehele 12de plek. Daar was 374 deelnemers.
Die WP liggewigspan het silwermedaljes ontvang vir hul 2de plek. Daar was 9 provinsiale spanne, 1 Erasa span, 1 Barbarian span en ‘n span van Australië.