Hoërskool Outeniqua in George, se jaarlikse Mnr en Mej Kwagga was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens 10 dogters en 10 seuns meegeding het vir die gesogte titels van Mnr en Mej Kwagga.
Die doel van die geleentheid was om geld in te samel vir minderbevoorregte leerders en spesifiek om ‘n klaskamer te kan bou vir Laerskool Herold. Die finaliste het ook daar uitreikwerk gaan doen.
Die bedrag van R40 000 is aan Laerskool Herold oorhandig, asook 6 trollies kos en 16 houers met klere wat vir minderbevoorregte leerders ingesamel is.
Die finaliste het waarlik die HOOP weer terug gebring met die geleentheid.
Baie dankie aan elke borg wat vir ons die aand moontlik gemaak het. ‘n Besonderse dankie aan die hoofborge: Mini Boutique, De Jagers, Mariëtte Landman Fotografie en Shortcut Aesthetics Clinic.
v.l.n.r.: Lourick Fourie (1ste Prins), Carmi Scholtz (1ste Prinses), Armand Kritzinger (Mnr Kwagga), Tharien Kruger (Mej Kwagga), Simonn Swanevelder (2de Prinses), Lee Miller (2de Prins)