Voor: Marnu van Sandwyk, Kaelin Mollentze en Ivan Koen, Middel: Ainé Ferreira en Philip Myburgh Agter: Robbie Sinclair, Malan Viljoen en Wikus Jordaan Afwesig: Joané Steenberg
Kwagga muurbalspelers, Marnu van Sandwyk, Kaelin Mollentze, Ivan Koen, Ainé Ferreira, Philip Myburgh, Robbie Sinclair, Malan Viljoen, Wikus Jordaan en Joané Steenberg het reeds hul staal gewys tydens die afgelope SA Plattelandtoernooi in Bloemfontein.
Kwaggas is trots om te sê dat Philip Myburgh en Ainé Ferreira opgeneem is in die SA Plattelandspan wat later vanjaar aan die IPT gaan deelneem. Robbie Sinclair en Ivan Koen was deel van die span wat as o/16 wenners van die toernooi aangewys is.