Foto bo: Frané Swart tydens die byeenkoms
Frané Swart, graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, het tydens die Suid-Afrikaanse Paralimpiese Spele uitstekend presteer. Dié geleentheid sou in 2020 plaasgevind het, maar weens die COVID-pandemie is dit uitgestel tot April 2021 in Port Elizabeth.
Sy neem aan drie items deel: verspring, 100m en 200m en stap weg met eerste plekke in al drie items!
Hoërskool Ermelo is besonder trots op jou, Frané. Jou deursettingsvermoë en vasberadenheid is vir menige Errie ‘n voorbeeld om daagliks na te streef.