Annika van Santen, matriekleerder en hoofdogter van die Kwaggas, het haarself onderskei in die Poort-Skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hierdie kompetisie word al sedert die sewentigerjare aangebied en het al menige bekende Afrikaanse skrywers opgelewer. Hoërskoolleerders in Suid-Afrika en Namibië kan hulle gedigte of skryfstukke vir die Poësie of Prosa kategorie inskryf.
Annika het met haar gedig, Vernael, vir haar ‘n derde nasionale plek in die poësie-kategorie losgeskryf. En vir dié van u wat dalk wonder, Vernael is ‘n werkwoord wat beteken om iets onbruikbaar te maak.
Baie geluk Annika. Hoërskool Outeniqua is trots op jou!