Die bekroonde Athol Fugard toneelstuk eersdaags op die planke! Hoërskool Outeniqua se drama departement bied volgende week met trots
“My Children My Africa” aan.
Hierdie toneelstuk, wat in 1989 groot opslae gemaak het, is sedert 2018 ‘n voorgeskrewe teks vir matriek Engels 1ste addisionele taal.
Die stuk word vanaf Dinsdag tot Vrydag, soggens om 09:00, gratis in die GJB Volschenck Saal aangebied. 10 Skole uit die streek het reeds bespreek vir die geleentheid om hierdie uitstekende stuk op die verhoog te kan sien.
Daar is Maandagmiddag 15:00 ‘n optrede wat oop is vir die publiek.
Besprekings kan gemaak word by Karleine Herbst by karleineh@gmail.com
Die spelers VLNR is : Kerwin Albertus as Mr M, Morné Booysen as Thami en Lente Treurnich as Isabel
Regie is behartig deur Dania Ackerman