Hoërskool Outeniqua in George, se eerste netbalspan het deurgedring na die Nasionale Top Skole toernooi wat vanaf 20-22 Julie 2018 te Boksburg aangebied word.
Hierdie is ‘n elite toernooi waar die beste skole oor die land meeding – voorwaar ‘n voorteflike prestasie vir Hoërskool Outeniqua.
Die Kwaggas se eerste netbalspan het tot dusver ‘n uitdagende seisoen gehad waar alles nie noodwendig volgens plan verloop het nie. Met volgehoue harde werk, ‘n pragtige gesindheid op die baan en baie ure se swoeg en sweet het hulle ware karakter getoon en besondere prestasies oplewer.
Baie geluk met hierdie pragtige prestasie. Julle maak Kwaggaland trots!
Foto bo:
Agter vlnr: Tharien Breytenbach, Elri Neethling, Anuchka Julyan, Michelle Groves, Adèle Agenbag.
Voor: Charnè van der Westhuizen, Chanè Gricius, Nika Wolmerans, Rianli Badenhorst, Alecia Hannes.