HNK van Kimberley se krieketspan het onlangs hul eerste toer na Kaapstad onderneem. Hulle het aan die Cape Schools Festival gaan deelneem wat 7 tot 12 Januarie gehou is.
Die uitslae was as volg:
Dag een verloor Noord-Kaap teen SACS
Dag twee wen vir Wynberg met 1 paaltjie
Dag 3 verloor teen Paarl Gimnasium
Dag 4 wen vir Paul Roos met 66 lopies
Dag 5 wen vir Boland Landbou met 6 paaltjies
Drie van die seuns (Andrew Louw, Mason Zacharea en Juan Mpofu) was ook gekies vir die VKB Knights Cubs span wat in Stellenbosch deelgeneem het.
HNK is uiters trots op hul krieketspan!