Alethia Rossouw (gr. 10) en Johané Schon (gr.11) van Hoërskool Noord-Kaap, het aan die virtuele nasionale rondte van die Oppie Tog Af Redenaarskompetisie deelgeneem. Alethia het in die Afrikaans Huistaal Onvoorbereide Toespraak-afdeling deelgeneem en Johané het in die Afrikaans. Huistaal Voorbereide Toespraak-afdeling deelgeneem sowel as aan die English Prepared Speech First Additional Language Division.
Beide hierdie leerders het volkleure vir hierdie prestasie ontvang tydens die skool se onlangse virtuele kleureseremonie.