Hoërskool Nelspruit wend seekoei se groot hart aan as Gr.10-biologiehulpmiddel.
‘n Anonieme ouer het onlangs ‘n seekoeihart aan Hoërskool Nelspruit se lewenswetenskappe (biologie) department geskenk.
Die gr.10’s behandel tans die hart en dit was ‘n welkome hulpmiddel in die klas. Die seekoei was glo ernstig beseer en in pyn en lyding en is deur die owerhede van kant gemaak.
Die hart is vir opvoedkundige gebruik aan die skool geskenk.