Hoërskool Nelspruit se kankerdebutant, Theresa-Louise Brink in graad 12, het onlangs haar hare afgesny en 20cm hare is aan CANSA geskenk vir die maak van pruike.
Die skool poog om ‘n gesindheid van diensbaarheid onder leerders te kweek en die kankerdebutantspan is maar net een voorbeeld van liefdadigheidsprojekte deur die loop van die skooljaar.