)

Hoërskool Nelspruit steek ‘n hand uit na onderwys

Hoërskool Nelspruit (NHS) het onlangs op twee agtereenvolgende Saterdae die matrieks van Diwiti Hoërskool in Bosbokrand met addisionele onderrig ondersteun.

Leeders is reeds vroegoggend op 18 en 25 Augustus van hul skool na NHS vervoer, waarna die winterskool vir hulle vir oulaas ‘n aanvang geneem het voor die rekordeksamen dié week afgeskop het.

Klasse is deur NHS-personeel in hul vrye tyd in Engels as eerste addisionele taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, Lewensoriëntering en Besigheidstudies aangebied.

Diwiti-leerders het ook elk die nodige skryfbehoeftes ontvang en heerlike middagete in die seunskoshuis, Huis Hermann Davin, se eetsaal geniet. Na afloop van die akademiese tyd is hulle terug na Diwiti vervoer.

Leerders wat die winterskool bygewoon het, is dankbaar vir die ekstra klasse. “Ons het nuwe kennis opgedoen in vakke waarin ons sukkel en ons kan nou die inligting as wapens gebruik om die rekordeksamen deur te kom,” het hulle in ‘n brief van waardering aan NHS gesê. “Ons is nou vol hoop vir die eksamen wat voorlê.”

Volgens die hoof van Diwiti, mnr. AK Matukane, is daar reeds merkbare verbetering en selfvertroue onder die leerders. In Engels meen Diwiti se me. LT Mokone die leerders is nou meer voorbereid oor hoe om spesifieke eksamenvrae te antwoord.

Volgens Diwiti se Wiskunde-onderwyser me. SO Boakye het die leerders nou meer in-diepte kennis oor sekere onderwerpe. In verdere terugvoer sê me. IO Duah, wat Fisiese Wetenskap aanbied, dat leerders nou komplekse probleme beter verstaan en oplos.

NHS het ook onlangs vir die tweede jaar in ‘n ry in samewerking met SACTWU (Southern African Clothing and Textile Workers’ Union) ‘n projek geloods om ‘n winterskool aan te bied vir SACTWU-lede se graad 12-kinders.

“Die doel van hierdie winterskole is om afronding en inskerping te doen met die oog op die komende rekord- en eindeksamen,” sê NHS-adjunkhoof mnr. Willie van der Merwe.

Hierdie is maar slegs twee van vele projekte wat Hoërskool Nelspruit aanpak om ontwikkelende skole in die omgewing op onder andere akademiese en sportterreine by te staan en in suksesverhale te omskep.

Die skool poog ook om ‘n gesindheid van diensbaarheid onder Nellie-leerders te kweek met verskeie liefdadigheidsprojekte gedurende die skooljaar.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal