)

Hoërskool Nelspruit skitter by Nasionale redenaars

Vlnr: Anthony Mabuza, Ernst Pieterse en Anke Oelofse

Ons is baie trots op Ernst Pieterse wat in die ATKV onvoorbereide redenaars vir seniors tweede in Suid-Afrika geëindig het. Vind hier meer oor die besonderse prestasie!

Tydens die nasionale finaal van die ATKV Redenaars wat op 3 Augustus te Goudini aangebied is, het Ernst Pieterse van Nellies in die onvoorbereide redenaars vir seniors tweede in Suid-Afrika geëindig.

Hy is net-net deur Petrus du Preez van Hoërskool DF Malan geklop. Na ‘n voorbereidingstyd van 90 minute moes die redenaars bewys dat daar inklusiewe onderwys in skole moet wees of nie moet wees nie.

Ernst Pieterse, in graad 11 en die onderhoofleier vir Kultuur en Omgee vir 2020, het sy staal gewys deur ‘n fenominale toespraak te lewer. Mev. Frances van Niekerk, wat Ernst met die kuns van onvoorbereide redenaars gehelp het, is baie trots op hierdie prestasie. Mev. Magda van der Merwe, redenaars-en debatorganiseerder by Hoërskool Nelspruit sê dat Ernst vir die eerste keer aan redenaars begin deelneem het in sy graad 9 jaar en dat hy sedertdien elke jaar aan die nasionale finaal deelgeneem het. In 2017 het hy vierde in die junior afdeling geëindig.

Nog twee ander Nellies het ook aan die finaal deelgeneem. Anke Oelofse het aan die junior voorbereide redenaarsdeelgeneem en Anthony Mabuza het in die junior addisionele taalafdeling van die voorbereide redenaars beïndruk met sy toespraak dat rugby vir ‘n man deure oopmaak.

1. Vlnr: Mev Magda van der Merwe, Ernst Pieterse en Mev Frances van Niekerk
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal