Vlnr: Jané WIllemse en Hanné Swart
Aan die begin van 2019 is vier van Hoërskool Ermelo se graad 12-leerders genomineer om ‘n inligtingsdag van die internasionaal bekende ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper, by te woon.
Na afloop van die uitstappie kon die leerders aansoek doen om ‘n studiebeurs, asook ‘n werkskontrak na die afloop van hul studies.
Twee leerders, Hanné Swart en Jané Willemse, het van dié geleentheid gebruik gemaak en beide is genooi vir onderhoude met die bestuurder en vennoot van die Witbank- en Johannesburgtakke. Na stresvolle onderhoude het die leerders psigometriese toetse afgelê en na aanleiding van die toetse en onderhoude, is bepaal of die leerders kwalifiseer vir die beurs.
Beide Hanné en Jané ontvang elkeen ‘n vol studiebeurs, asook ‘n werkskontrak om hulle klerkskap te doen by PWC in Witbank na afloop van hul studies.
Baie geluk aan die twee dogters. EHS is uiters trots op julle en wens julle alle seën en voorspoed vir julle blink toekoms toe.