Aan die begin van Julie 2019 is Me. Judy Wahl aangestel as matrone by Nelstehuis, meisieskoshuis van Hoërskool Ermelo.
Sy het op ‘n plaas naby Sheepmoor groot geword en het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Ermelo voltooi. EHS is bevoorreg om nog ‘n volbloed oud-Errie in hul midde te verwelkom.
Judy het baie ondervinding in die koshuisbedryf. Sy het vir drie jaar gewerk by DA Müllerkoshuis, asook by Residentia Palm-oord.
Sy is met Danie Wahl getroud en het vier pragtige kinders. Judy het reeds van dag een af ‘n groot verskil gemaak in die koshuis. Die blomme op die etenstafels is slegs een van die klein dinge wat getuig daarvan dat sy ‘n ware tuiste wil skep vir elke jong Nelsie-dame.
Baie welkom, Judy! EHS glo en vertrou dat jy ‘n geseënde tyd by die Erries sal ervaar en vir lank deel van Hoërskool Ermelo sal bly.