)

EHS verwelkom nuwe matrone by Nelstehuis

Aan die begin van Julie 2019 is Me. Judy Wahl aangestel as matrone by Nelstehuis, meisieskoshuis van Hoërskool Ermelo.

Sy het op ‘n plaas naby Sheepmoor groot geword en het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Ermelo voltooi. EHS is bevoorreg om nog ‘n volbloed oud-Errie in hul midde te verwelkom.

Judy het baie ondervinding in die koshuisbedryf. Sy het vir drie jaar gewerk by DA Müllerkoshuis, asook by Residentia Palm-oord.

Sy is met Danie Wahl getroud en het vier pragtige kinders. Judy het reeds van dag een af ‘n groot verskil gemaak in die koshuis. Die blomme op die etenstafels is slegs een van die klein dinge wat getuig daarvan dat sy ‘n ware tuiste wil skep vir elke jong Nelsie-dame.

Baie welkom, Judy! EHS glo en vertrou dat jy ‘n geseënde tyd by die Erries sal ervaar en vir lank deel van Hoërskool Ermelo sal bly.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal