)

Hoërskool Nelspruit se ouers hou hul eerste aanlyn vergadering

Hoërskool Nelspruit se graad 12-ouers het vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ‘n ouervergardering aanlyn bygewoon. Op Maandag 8 Junie het NHS gebruik gemaak van die Zoom-toepassing wat 100 ouers per keer toegelaat het om in te skakel. Om al die ouers te akkommodeer is twee vergaderings aangebied.
Graad 12-ouers is onder andere ingelig oor die voorbereidings wat by die skool gedoen is om die veiligheid van die matrieks en personeel te verseker. Verder is inligting gegee oor die akademiese jaar wat voorlê, Covid-19 koshuis- en skoolprotokol en die beskikbaarheid van die skool se ondersteuningsdienste vir leerders wat emosionele druk ervaar.
Alhoewel hierdie tipe kommunikasie nuut en vreemd vir ouers en personeel is, is dit ‘n baie effektiewe manier om te kommunikeer. “Hierdie platform en metode van kommunikasie sal definitief in die toekoms gebruik word,” sê mnr. Johan Hattingh, skoolhoof van NHS.
Ouervergaderings soos dié een sal ook aangebied word vir die ander grade se ouers sodra hulle toelatingstyd vir akademiese onderrig by die skool aanbreek. Intussen gebruik die personeel Google Classroom om gr.8-11 akademies te ondersteun.

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Thought of the Week – Gedagte vir die Week

    Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal