Die Kaap is weer Hollands by Hoërskool Nelspruit se matriekafskeid 2018.
Hoërskool Nelspruit het Saterdag, 28 Julie sy jaarlikse matriekafskeid aangebied by Riverside Mall en Emnotweni waartydens die gr.12’s hul beste voetjie voorgesit het. Hierdie jaar se tema was “Die Kaap is weer Hollands”.