Foto: Joshua na die Reën
Die dames met finesse het Dinsdagaand hul mooiste rokkies aangetrek vir ‘n spesiale geleentheid. Weens Covid-19 is die Huis Maré prysuitdelingsfunksie van die vorige jaar nie aangebied nie en is daar besluit om hierdie jaar ‘n spesiale verwelkomingsfunksie aan te bied om nie net die presteerders van 2020 te vereer nie, maar ook om vrouwees te vier.
Juffrou Elize Stidworthy het die program vir die aand saamgestel wat ook ‘n spesiale vertoning van Joshua na die reën ingesluit het. Jacques of Joshua na die reën soos wat hy bekendstaan het die meisies betower met treffers soos Vir Altyd en Lig op die Horison.
Die lys van presteerders:
Akademiese prestasies 2020 – Graad 8: Melize Lindeque, Graad 9: Danielle Bothma, Graad 10: Katrien Hiemstra, Graad 11: Lanika Leuvennink en Graad 12: Milda van Dyk
Dame met Finesse: Lize Louw
Koshuisvadertoekenning: Chrisna Loubser
Graad 8 van die jaar: Melize Lindeque
Graad 12 van die jaar: Anica Roos
“Mag dit met julle goed gaan in hierdie jaar. Moeilik, sleg, lekker of goed, mag dit iets in jou karakter bou wat vir lank sal hou.” En met dié woorde het die gaskunstenaar die spesiale geleentheid afgesluit.
Foto verskaf