Agter vlnr: Deacon Cooper, Mieke Coetzee en Henro Kuhn
Voor links na regs, Anika Fourie en Anika Beukes
Hoërskool Punt van Mosselbaai is trots op die Punt-atlete, Deacon Cooper, Henro Kuhn, Mieke Coetzee, Joalize Steyn en Anika Fourie wat in die voorlopige ASWD-span, wat aan die 2021 TWIZZA ASA TRACK & FIELD CATERGORY CHAMPIONSHIPS gaan deelneem, ingesluit is.
Die items waaraan die atlete gaan deelneem is:
Seuns o.16 – Deacon Cooper Hammergooi, Henro Kuhn 1500m Hindernis en Henro Kuhn 1500m Hindernis.
Dogters o.16 – Mieke Coetzee Hammergooi, Diskus en Gewigstoot, Joalize Steyn 100m, 200m en 400m en Anika Fourie 100m.
Seuns o.18 – Lee Wildemans 200m
Dogters o.18 – Adeline Roos Hammergooi, Anika Beukes 100m, 200m en Driesprong en Jandri Snyders 400m en 800m
Die byeenkoms sal vanaf 7 tot 10 April by die Dal Josaphat Stadion in die Paarl plaasvind.
Foto’s verskaf