)

Hoërskool Nelspruit – Graad 8 konsert uit die boonste rakke

Vir NHS se nuwelinge het die eerste kwartaal in die hoërskool op ‘n drafstap begin.

Die graad 8’s het dadelik met oriëntering begin. Hulle het gou geleer wie hulle nuwe onderwysers is, waar hul klaskamers is, die woorde van die skoollied en dan meer oor NHS se trotse tradisies, waardes en die kultuur.
Dan was daar ook die graad 8-konsert. Smiddae is daar hard geoefen aan ‘Nelmanji’. Die spogproduksie is Donderdag, 11 Maart regstreeks op DigiTV uitgesaai en meer as 1 600 mense het hierdie vertoning gestroom.

Die hoofkarakters was ‘n spieëlbeeld van die karakters uit die bekende rolprent Jumanji. Pedrie Claassens as Nigel, Divan de Kock as dr Brawesteen, Nina Prinsloo as Robyn Rondehuis, Jan Malan as Batricia van Brakpa en Siyabonga Lubisi as Finbar se vertolkings was uit die boonste rakke. Die kleurvolle en kreatiewe kostuums, skerp sêgoed en choreografie het tot die sukses van die vertoning bygedra .
Na afloop van die konsert is die graad 8-vaandel aan die klasverteenwoordigers, Ema Snyman en Gert Cloete, oorhandig. Die graad 8-credo is voorgehou en met hierdie seremonie is die nuwelinge as volwaardige Nellies verwelkom.
“Hierdie geleentheid kom net een keer in ‘n skoolloopbaan. Baie dankie vir die BK en onderwysers se klipharde werk, ywer en toegewydheid om die amper Nellies, Nellies te maak. Baie geluk graad 8’s!”, het mnr. Johan Hattingh tydens die geleentheid gesê.

Die organiseerder van die graad 8-konsert is juffrou Kriekie Bekker. Dit was die vyftiende konsert wat deur haar bekwame leiding opgevoer is. Hou die skoolmedia dop vir ‘n volgende artikel waar juffrou Kriekie haar suksesverhaal van die afgelope 15 jaar deel.

Hierdie vertoning is gestoor op die NellieTV-kanaal. Gaan loer gerus na hierdie konsert: Deel 1 (https://digitv.co.za/#/video/28579/34316/Vod) en deel 2 (https://digitv.co.za/#/video/28580/34317/Vod)

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal