Jonges en oues is verlede week deur Hoërskool Nelspruit se nuwe gr.8’s met hulle jaarlikse konsert, wat deel is van hulle bekendstellingsprogram, vermaak.
Dié jaar se weergawe is losweg op verskeie animasie-films en fiksie-karakters gebaseer, en het soos altyd, vir lekker lag en pret gesorg. Die aand is oudergewoonte met ‘n item deur die nuwe NHS-personeel afgesluit. Die gr.8’s en nuwe personeel van 2018 is nou volwaardige Nellies!
Foto’s: Riaan Swanepoel