)

Hoërskool Nelspruit se balvaardighede dié beste

Hoërskool Nelspruit se balvaardighede is die beste! Dit is volgens die Nashua Rugby Skills Project in samewerking met ShadowBall na afloop van ‘n balvaardigheidskliniek wat vroeër die jaar by die skool aangebied is. Tydens die kliniek het spelers die tegnieke wat hulle aangeleer het kon oefen en is hulle weer ses weke later getoets.

Rhino Rugby se o/14’s was Dinsdag, 13 Maart, gasheer vir die projek en Springbok-rugbyspeler Conrad Jantjes het Nellies ook op die dag besoek. Letsakutfula Primary en Sehlulile Primary se o/13’s te same met NHS se o/14-rugbyspan is die geleentheid gegee om hul rugbyvernuf op NHS se B-veld op te skerp onder leiding van die ShadowBall-span.

Die skool se Rhino-rugbyfonds is nou R30 000 ryker te danke aan Nashua en Shadow Ball. Die span van Nashua Lowveld, ShadowBall en voormalige Springbok- en Blits Bokke-rugbyspeler Gcobani Bobo, het Maandag 17 September die aankondiging tydens saalopening gemaak. Die o/14’s se WP van der Merwe, Bernard van Esch, Andreas Fouché, Wiehan Henning, Danny van Staden en Benand van der Merwe is as die spelers met die beste balvaardighede aangewys.

Die Nashua Rugby Skills Project poog om ‘n positiewe bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby te maak. Nashua is ook die borg van die Curriebeker en neem hul betrokkenheid by rugby nog verder met dié projek. Dit fokus veral op balwerk op skole-vlak met behulp van ShadowBall en skole van regoor die land word besoek.

ShadowBall is ‘n innoverende “rebound” rugbybal wat die speler toelaat om op sy eie te oefen, enige tyd en enige plek. Hierdie eiesoortige inisiatief kan akkuraatheid by die aangee van balle met tot soveel as 266% in vier weke verbeter. Hierdie bal is geskik om spelers van enige ouderdom se rugbyvaardighede te ontwikkel.

Op die foto is Garry Crookes (ShadowBall), Carlo Hefer (ShadowBall), WP van der Merwe, Bernard van Esch, Andreas Fouché, Gcobani Bobo (voormalige Springbok), Wiehan Henning, Gerhard Holtzhausen (NHS-rugbyorganiseerder), Danny van Staden, Martin Barnard (Nashua Lowveld) en Benand van der Merwe.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal