NHS personeel het onlangs uitgereik na Kiaat Ridge Kleuterskool. Me. Nicolette Pruis (maatskaplike werker) en me. Hannelize Coetzee (sielkundige) het op 8 Maart die Kiaat Ridge Kleuterskool besoek. Die doel van die uitreik was om die graad R-leerders met skoolgereedheid vir 2020 te help, Juffrou Margie Brooks se twintig graad r’e het die verandering
van die daaglikse roetine verwelkom en was uiteraard baie opgewonde.
“Dit is ‘n pragtige kleuterskool waar die kinders baie mooi versorg word met die nodige kundigheid en liefde,” sê me. Coetzee.
Hierdie is nog een van Hoërskool Nelspruit se omgee-inisiatiewe wat poog om ‘n verskil te maak in die Laeveldgemeenskap.
Foto: Me. Nicolette Pruis, Me. Margie Brooks en Me. Hannelize Coetzee.