Succession Financial Planning in Nelspruit het onlangs in die gees van boomplantmaand twee witstinkhoutbome aan Hoërskool Nelspruit geskenk.
Hierdie inheemse bome sal deur die skool se natuurlewevereniging geplant word en die skoolterrein verder verfraai. NHS bedank graag die span van SFP.