)

Hoërskool Nelspruit hou ‘n swierige matriekafskeid

Die sprokieskrywer Hans Christian Anderson het gesê:  “Elke mens se lewe is ‘n sprokie, geskryf deur God se vingers”

Die sprokie het Saterdagaand 29 Julie 2017 waar geword vir die prinse en prinsesse van Hoërskool Nelspruit se matrieks, waar die Matriekafskeid by Emnotweni gehou is. Soos ‘n wafferse sprokie was daar tot ‘n regte koets!

Die matrieks het aangekom met voertuie kompleet uit ‘n ander wêreld:  trokke, motorfietse, groot, lang, slap voertuie asook voertuie uit vervloë dae.

Op die maat van klassiek musiek het die prinse geskitter met hulle pakke en die prinsesse het pragtig en uitgevat opgedaag in pragtige lang aandrokke.

Die ete wat Emnotweni voorgesit het, was uit die boonste rakke.  Grasieus het die prinse en prinsesse hulle danse op die dansbaan uitgevoer.

Die matrieks is met die volgende seënwense begroet:  “Mag die lewe se kronkelpaaie hulself reguit skud voor jou”.  “Mag die reëns jou lande voed en die son warm in jou hart skyn”

Dankie aan al NHS se graad 11 ouers wat voorwaar van die aand ‘n sprokiesaand gemaak het.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal