Heart Health

Hoërskool Nelspruit hou ‘n swierige matriekafskeid

Die sprokieskrywer Hans Christian Anderson het gesê:  “Elke mens se lewe is ‘n sprokie, geskryf deur God se vingers”

Die sprokie het Saterdagaand 29 Julie 2017 waar geword vir die prinse en prinsesse van Hoërskool Nelspruit se matrieks, waar die Matriekafskeid by Emnotweni gehou is. Soos ‘n wafferse sprokie was daar tot ‘n regte koets!

Die matrieks het aangekom met voertuie kompleet uit ‘n ander wêreld:  trokke, motorfietse, groot, lang, slap voertuie asook voertuie uit vervloë dae.

Op die maat van klassiek musiek het die prinse geskitter met hulle pakke en die prinsesse het pragtig en uitgevat opgedaag in pragtige lang aandrokke.

Die ete wat Emnotweni voorgesit het, was uit die boonste rakke.  Grasieus het die prinse en prinsesse hulle danse op die dansbaan uitgevoer.

Die matrieks is met die volgende seënwense begroet:  “Mag die lewe se kronkelpaaie hulself reguit skud voor jou”.  “Mag die reëns jou lande voed en die son warm in jou hart skyn”

Dankie aan al NHS se graad 11 ouers wat voorwaar van die aand ‘n sprokiesaand gemaak het.

Become a Sponsor

Related Posts

Young Chef’s Competition – Camps Bay High School

Young Chef’s Competition. This past weekend, Grade 12 Consumer Studies students Fawaz Sarlie and Dante Perucatti represented Camps Bay High School at the WCED Young Chef’s Competition. It was hosted…

Bergfietsry – Grey Kollege teen Affies

Bergfietsry. Tydens ‘n bergfietsry kompetisie tussen Grey Kollege se bergfietsspan en Affies se span het die twee skole mekaar uitgedaag. Die spanne het die afgelope naweek net buitekant Bloemfontein op…

Leave a Reply

You Missed

Young Chef’s Competition – Camps Bay High School

Young Chef’s Competition – Camps Bay High School

Bergfietsry – Grey Kollege teen Affies

Bergfietsry – Grey Kollege teen Affies

Head Boy 2025 – Creston College

Head Boy 2025 – Creston College

Skole rugbyspanne – Primêre Skool Naudeville

Skole rugbyspanne – Primêre Skool Naudeville

Gimnastiek – Primêre Skool Naudeville gimnaste presteer

Gimnastiek – Primêre Skool Naudeville gimnaste presteer

Head Girl 2025 – Creston College

Head Girl 2025 – Creston College