)

Hoërskool Nelspruit gee rolstoele weg op #MadibaDag2018

Hoërskool Nelspruit het op 18 Julie saam met die res van Suid-Afrika die voormalige president Nelson Mandela se geboortedag gevier deur vier rolstoele aan minderbevoorregtes en instansies wat minderbevoorregtes help, te oorhandig.

Die skool het drie jaar gelede ‘n doppie-projek aangepak waartydens daar 600kg plastiek doppies ingesamel is en die skool sodoende onlangs vier rolstoele inruil daarvoor gekry het. Die rolstoele is aan Silwer Dae-ouetehuis in Waterval-Boven, Kamagugu Inclusive School, Jacaranda FM en NHS se gimnasium bemaak.

Dit is op Mandeladag by die skool aan hierdie instansies oorhandig terwyl leerders, wat in groen, geel, wit, swart, blou en rooi geklee was, in ‘n formasie in die vorm van die landsvlag bymekaargekom het. Die landsvlag simboliseer eenheid en die uitbeelding op Madibadag simboliseer die feit dat Hoërskool Nelspruit as deel van ‘n gemeenskap nie net ‘n belangrike rol speel in die opvoeding van sy leerders nie, maar ook op sy beurt deel is van ‘n groter gemeenskap van omgee vir ander. Die formasie was Woensdagoggend vanuit die lug in die skool se parkeerterrein te siene.

Die projek is deel van die skool se Nellie Hart-inisiatief wat ‘n kultuur van diensbaarheid by die skool dryf en aansluit by die beweging om elke dag ‘n “Mandeladag” te maak.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal