)

Hoërskool Nelspruit: Eerste virtuele uitdaging ‘n groot sukses

Die Coertse familie van Nelspruit wat aan Nellies se virtuele uitdaging deelgeneem het

Nellies se eerste uitdaging was ‘n reuse sukses!

Die afgelope naweek, het 156 deelnemers die eerste virtuele uitdaging om te stap en hardloop, aanvaar. Altesaam 1 235km is deur hierdie deelnemers afgelê en daar is  deur sewe Nasionale Parke gestap en gedraf. Die verste afstand wat deur ‘n individu afgelê is, is 33km. Die Kruger Nasionale Park was die voorkeur park vir die meeste deelnemers en 713km is daar afgelê.
NHS-leerders het loshande die meeste kilometres (376km) gedraf en kort op hulle hakke was die personeel met 283km. Die ouers het nie net die leerders ondersteun nie, maar ook deelgeneem. Hulle het altesaam 195km afgelê. Oud-Nellies, laerskoolleerders en ondersteuners waarvan die oudste deelnemer 71 jaar oud is, het saam 371km kafgedraf.
Mnr. DP Badenhorst sê: “Sommige deelnemers het vir die eerste keer sedert die inperking weer begin oefen en die eerste virtuele uitdaging is ‘n groot sukses.”
Die volgende uitdaging is in spanverband en bied almal die geleentheid om te kies tussen verskeie uitdagings soos hardloop, stap, fietsry en krag. Skakels na die verskillende uitdagings word later op sosiale media gedeel. Deelname is van Vrydag, 10 Julie om 12:00 en eindig Sondag, 12 Julie om 18:00.
Dit is nog nie te laat nie – jy kan enige tyd deel wees van die Nellies Active beweging. Neem net deel!

Sterkte vir die uitdaging eerskomende naweek!

Vlnr: Theresa de Wet (NHS Ontvangsdame) en Adri Scheepers (Dux2003). Sy het die verste afstand (33Km) deur ‘n individu afgelê

Marco Smit (graad 8)
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal