Welkom terug Possies! Die Graad 3 onnies het soos superhelde aangetrek, want superhelde dra maskers of skerms om hulself en ander veilig te hou. Julle almal is superhelde!
‘n Hoë premie word op akademiese werk geplaas. Daar word aan elke leerder na gelang van sy/haar vermoëns omgesien en individuele aandag sal so veel moontlik gegee word. Remediërende onderrig word ingespan as ondersteuning vir akademiese probleme. Hoewel formele assessering in die vorm van toetse en eksamens plaasvind, moet ouers en leerders daarop let dat leerders se werk deurlopend geassesseer word.
Kreatiwiteit en Entrepreneurskap:
Entrepreneurskap: Leerders kan tuis hulle kreatiwiteit inspan en ‘n eie besigheid begin om sodoende hul selfgemaakte ware gedurende die tweede en vierde kwartale te verkoop by die skool se Kreatiwiteitsdae. Geen lewende hawe of gevaarlike items mag te koop aangebied word nie.
Kleinklassie:
Hoofstroomonderrig word aangebied in ‘n kleinklasopset (1 – 5 leerders per klas) vir hoogsfunksionerende leerders, binne die spektrum van OUTISME.