)

Hoërskool Nelspruit: Dame met Finesse aangewys

Foto: Chrisna Loubser en Lize Louw.

2020 Was beslis ‘n jaar met uitdagings vir al ons koshuisleerders, veral dié in matriek. Ekstra spesiale stappe is geneem om Covid-19 by Huis Maré en Huis Hermann Davin te voorkom.

Carmen Venter

Ten spyte hiervan het die koshuisvaders geleenthede geskep om die leerders te motiveer, ondersteun en sommige tradisies voortgesit. Een van die tradisionele geleenthede, die Huis Maré dinee, is as ‘n formele ete op Donderdag 3 September aangebied. Slegs die graad 12-meisies en ‘n paar eregaste het die geleentheid bygewoon. Die rooi tapyt is uitgerol en die matieks het in stylvolle formele drag die saal wat pragtig deur die graad 10’s en hul ouers versier en ‘n sprokieswêreld omtower is, betree.

Tydens hierdie geleentheid is drie toekennings gemaak. Hierdie jaar se Koshuisvader-toekenning is aan Chrisna Loubser (Dux Verteenwoordigende Koshuisraad 2019/2020) gegee. Die koshuisvader, mnr. Bertus Steyn, sê dat Chrisna doelgerig en met mening alle take aanpak. Hy het bygevoeg: “Chrisna, jou hart vir die koshuis is duidelik sigbaar.”

Die toekenning vir die netjiesste kamer is aan Felicity Shultz oorhanding.

Mnr. Bertus Steyn

Daar is ook ‘n splinternuwe toekenning oorhandig. Hierdie toekenning is deur me. Elize Stidworthy voorgestel en is deur al die diensdoeners aanvaar. Die Dame met Finesse-toekenning word aan ‘n jong dame gegee wat deur haar optrede die sprekende voorbeeld is van: grasie, elegansie, vaardighede om enige situasie te hanteer, ‘n gebalanseerde leefstyl handhaaf, ‘n sagtheid besit, standvastigheid openbaar, wat opbouende woorde spreek, gegrond is in waardes, opreg omgee vir haar medemens, netheid wat deel van haar vrouwees is besit, wat haar weerhou van negatiewe gewoontes, wat haar medemens met respek hanteer en tevredenheid met haarself besit.

Die diensdoeners nomineer ‘n kandidaat en stem dan vir die meisie wat hierdie toekenning waardig is. Hierdie toekenning is vanjaar aan Lize Louw oorhandig.

Dit was ‘n voorreg om ‘n oud-Nellie me. Elané van Dyk (nou Van Heerden), Koshuis-Dux van 2010, as eregas by die geleentheid te verwelkom. Sy het haar hart met stories van toeka tot nou met die matrieks gedeel.

Die graad 10-ouers het ‘n voortreflike maaltyd bedien en almal het heerlik geëet en saamgekuier om op ‘n gepaste wyse so afskeid  te neem van Huis Maré, hul tuiste vir vyf jaar.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal