Met die totstandkoming van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in 1930, is die beeldhouer, Anton van Wouw, se bronsbeeld, “Noitjie van die Onderveld (1907)” as skoolwapen gekies.
Die Van Wouw-bronsbeeld is deur mej. Steijn aangekoop met die geld wat die heel eerste skoolhoof mej. Evelyn Verster, aan die skool bemaak het. Die nooientjie is onthul op 30 Mei 1956.
In 2017 het die Beheerliggaam van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in samewerking met juf. Marna Jordaan ’n oorspronklike bronsgietsel van die “Noitjie” wat in Italië gegiet en deur Anton van Wouw gegraveer is, aangekoop. Die nooientjie was onthul die 8 September 2019, 63 jaar na die eerste onthulling.
So verskil die nooientjies as hulle langs mekaar staan…