NHS het nr.54 na ‘n naelbyt-stryd in die sakkie! Nadat Hoërskool Rob Ferreira die vorige week koning by die Hoëveld-interhoër op Ermelo gekraai het, is allerweë verwag dat vanjaar se Laeveld-byeenkoms ‘n rillerstryd sou oplewer.
Saterdag 23 Februarie sal dan ook onthou word as ‘n dag van puik atletiek, met opponente wat die allerbeste uit mekaar gehaal het.
Uiteindelik was dit die stryd tussen NHS en Rob Ferreira se A-atlete, wat die deurslag gegee het. Die manne van Witrivier het Nelspruit se span met 397-376 getroef, terwyl die Nellies se kookwater-meisiespan, met 424 teenoor 332, te sterk was vir Rob Ferreira.
Algeheel eindig NHS dan (vir die 54ste keer agtereenvolgens) in die eersteplek, met Rob Ferreira in ‘n stewige tweede plek. Lydenburg was deurgaans veilig in posisie nr.3, maar die stryd tussen Bergvlam, Lowveld High, Penryn College en Barberton, is enduit tot en met die laaste aflos gevoer.
Prag-prestasies was aan die orde van die dag, en NHS is baie trots op die volgende trofees wat verower is:
Groottotaal (algehele wenners), Totaal, meisies – en dan individuele toekennings aan Nellie-atlete wat die beste in van die items gevaar het:
Junior Victrix Ludorum: Shanese de Clerck
Senior Victrix Ludorum: Rhodé Nel
Senior hekkies (meisies): Nicci Viljoen
Junior hekkies (seuns): Charles Nel
Senior naellope (meisies): Rhodé Nel
Junior langafstande: Kirsten Berry
Hoogspring (meisies): Shanese de Clerck
Hoogspring (seuns): Ruan Pretorius
Junior worpe: Ashley Erasmus
Senior worpe: Douw Kruger
In 1986 het Marina Mulder (Barberton) die rekord in hoogspring vir meisies 19 na 1,72m opgeskuif – die beste hoogte (vir ‘n meisie) in die rekordboeke. Saterdag het Shanese de Clerck (m.14) op ‘n ongelooflike 1,75m oor die dwarslat geseil! Dit ewenaar 2019 se beste hoogte vanjaar deur enige vrou, tot op datum, in die RSA (Kristi Snyman van Boland, m.19). Ashley Erasmus (ook m.14) het aan die hoë verwagtinge voldoen, toe sy twee rekords laat spat het: gewigstoot (14,13m) en skyfwerp (40,07m). Maar, dit was Rhodé Nel (m.16) wat veral ouer atletiek-entoesiaste na hul asems laat snak het, toe sy met puik naellooptye van 12.20 sek. (100m) en 25.44 sek. (200m), haar naam saam met dié van legendes soos Riana (Raath) Swart en Marlise Weich, verewig het.
Verder was een van die groot uitblinkers in NHS se span, Douw Kruger (s.17), weer op sy stukke. Hy het in gewigstoot (17,64m) en skyfwerp (50,80m) weer eens bewys dat hy nie in Mpumalanga sy gelyke het nie.
Toe die byeenkoms einde se kant toe gestaan het, het die atlete en toeskouers besef dat die aflosse, die uiteindelike wenspanne sou bepaal. In ‘n sonderlinge sameloop van omstandighede, wen NHS toe al vyf aflosse vir meisies, terwyl die snellers van Rob Ferreira, ook vir hulle skool, al vyf items ingepalm het. Interhoër-drama op sy allerbeste!
Wanneer twee skole ‘n byeenkoms so oorheers, is daar gevolglik ‘n lang lys medaljewenners. Maar, uiteindelik kompeteer ‘n atleet teen die maatband, meetstok en stophorlosie – en teen sy/haar persoonlike beste. Talle Nellies het meer as 800 punte op die strawwe ABSA-tabel verdien, wat ‘n goeie aanduiding gee van die felle stryd wat gevoer is.
Meer as 1000 punte:
Ashley Erasmus (m.14): skyfwerp – 40,07m (1200 punte, maksimum en *Nellie-rekord); ook gewigstoot – 14,13m (1082)
Shanese de Clerck (m.14): hoogspring – 1,75m (1198) *Nellie-rekord
Meer as 900 punte:
Rhodé Nel (m.16): 100m – 12.20 sek. (938); ook 400m – 57.44 sek. (914); en 200m – 25.44 sek. (909)
Ruan Pretorius (s.14): hoogspring – 1,70m (959)
Douw Kruger (s.17): gewigstoot – 17,64m (999)
Zander vd Merwe (s.17): spiesgooi – 67,15m (976)
Henko de Nysschen (s.17): 400m – 49.75 sek. (909)
800 en meer punte:
Larise Combrink (m.15): 100m – 13.08 sek. (800); ook verspring – 4,97m (851)
Suzaan Nel (m.17): 100m – 12.55 sek. (807)
Kirsten Berry (m.14): 800m – 2:27.03 (839)
Nicci Viljoen (m.16): 100m hekkies – 15.12 sek. (837); ook 400m hekkies – 65.42 sek. (853)
Shanese de Clerck (m.14): verspring – 4,91m (881); ook 200m – 27.62 sek. (804)
Lané Taljaard (m.16): hoogspring – 1,50m (809)
Lize Oosthuizen (m.14): spiesgooi – 30,90m (837)
Aflos, m.14 – 53.48 sek. (813)
Aflos, m.15 – 52.15 sek. (823)
Aflos, m.16 – 48.84 sek. (895) *Nuwe Nellie-rekord
Aflos, m.17 – 51.18 sek. (808)
Tagan Louw (m.15): hoogspring – 1,45m (812)
Karien Goosen (m.15): verspring – 4,90m (832)
Anya Venter (m.14): skyfwerp – 30,64m (884)
Jaytee Boers (s.19): 800m – 1:55.52 (859)
Charles Nel (s.14): 100m hekkies – 14.72 sek. (842); ook 200m – 25.31 sek. (814)
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies – 14.15 sek. (836)
Handré vd Merwe (s.15): 300m hekkies – 41.29 sek. (809)
Henko de Nysschen (s.17): 400m hekkies – 56.26 sek. (827); ook 200m – 22.87 sek. (842); ook 100m – 11.06 sek. (851)
Philip Vogel (s.15): hoogspring – 1,68m (848); ook skyfwerp – 42,85m (819)
Hugo Smit (s.14): verspring – 5,14m (838); ook hoogspring – 1,55m (822)
Frederick Nel (s.16): gewigstoot – 14,27m (812)
Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 50,80m (892)
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.13 sek. (834); ook 200m – 22.97 sek. (831)
Conrad Grobbelaar (s.17): 800m – 2:01.87 (827)
Devon Nell (s.19): 400m hekkies – 54.86 sek. (827)
Jade Swanepoel (s.16): hoogspring – 1,80m (849)
Nico Liversage (s.17): 400m hekkies – 56.86 sek. (800)
Michiel Brink (s.16): hoogspring – 1,75m (811)
Wikus van Biljon (s.16): 400m – 54.10 sek. (807)
Baie dankie aan elke atleet en afrigter, asook die toeskouers wat vir bruisende opwinding op die pawiljoen gesorg het. Nou verskuif die fokus na die Ruimsigstadion in Roodepoort, waar Hoërskool Nelspruit sy posisie as een van die agt top-skole (A-bond) in NWU se Super Interhoër, gaan verdedig.
Foto bo: Shanese de Clerck