Die jaarlikse prestige-byeenkoms wat Hoërskool Randburg op Vrydag 8 Februarie, in die pragtige Ruimsig-stadion te Roodepoort aangebied het, het weer eens aan die hoë verwagtinge voldoen – en NHS se atletieksterre was aan die voorpunt van die indrukwekkende lys uitmuntende vertonings wat gelewer is.
In die uitgelese geselskap van skole soos Prestige College, Zwartkop, Monument, Vorentoe, Randburg en Eldoraigne, het die Laevelders die medaljes ingeryg: 11 goud, 20 silwer en 14 brons (individuele medaljes).
Rhodé Nel (m.16) was die algehele Victrix Ludorum van die dag, terwyl Douw Kruger (s.17) as beste senior seun (velditems) senior Victor Ludorum aangewys is. Nicci Viljoen (m.16) se verstommende opmars in die hekkies-items, is bekroon toe sy die toekenning as beste senior meisie, ontvang het.
Rhodé het die huishoudelike rekord in die 200m aan flarde gehardloop, toe sy in ‘n skitterende 24.78 sek. (vorige rekord was 25.71 sek.) by die wenpaal verby geblits het. ‘n Tweede persoonlike beste het gevolg, toe Rhodé ook die 400m-wedloop in ‘n pragtyd van 56.68 sek. ingepalm het.
Beide tye dui daarop dat Rhodé, al is sy nog vanjaar onder 16, ‘n krag by vanjaar se nasionale kampioenskappe (onder 17) gaan wees. Douw Kruger het sy 19,04m die vorige week, met ‘n stewige 18,01m (gewigstoot, s.17) opgevolg, en ook in skyfwerp (51,29m) die botoon gevoer. Nicci Viljoen het die 100m hekkies (m.16) in ‘n haastige 15.24 sek. afgeblits – die vinnigste deur ‘n meisie van NHS, sedert die dae van Brumilde Joubert.
Twee ander name wat gewis spesiale vermelding verdien, is dié van Zander vd Merwe en Ashley Erasmus. Zander, wat aan die begin van die seisoen nog nie deur die 60m-grens kon breek nie, het sy vorige beste afstand met bykans 4m verbeter, toe hy die 700g-spies (s.17) op ‘n allemintige 69,09m laat grondvat het. Net die bekende Werner Bouwer en Joshua Maass, kon as Nellie, beter afstande behaal. Ashley (m.14) is steeds vanjaar onoorwonne en haar wenafstande van 14,12m (gewigstoot) en 37,22m (skyfwerp) plaas haar in ‘n klas van haar eie.
Nelspruit se individuele medalje-wenners, was soos volg (ABSA-punte bo 800 word aangedui):
Eersteplekke (goud)
Charles Nel (s.14): 100m hekkies – 14.43 sek. (925); ook 300m hekkies – 43.25 sek.
Douw Kruger (s.17): gewigstoot – 18,01m (1029): ook skyfwerp – 51,29m (903)
Zander vd Merwe (s.17): spiesgooi – 69,09m (1016)
Rhodé Nel (m.16): 200m – 24.78 sek. (991); ook 400m – 56.68 sek. (943)
Nicci Viljoen (m.16): 100m hekkies – 15.24 sek. (845)
Lané Taljaard (m.16): hoogspring – 1,50m (809)
Ashley Erasmus (m.14): gewigstoot – 14,12m (1081); ook skyfwerp – 37,22m (1180)
Tweedeplekke (silwer)
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies – 14.14 sek. (868); ook 300m hekkies – 40.68 sek. (841); en 400m – 54.77 sek.
Henko de Nysschen (s.17): 400m – 50.25 sek. (873)
Keenan Visser (s.16): 110m hekkies – 15.37 sek. (824); ook 400m hekkies – 58.64 sek.
Devon Nell (s.19): 400m hekkies – 54.12 sek. (854)
Hugo Smit (s.14): hoogspring – 1,60m (865)
Frederick Nel (s.16): gewigstoot – 14,54m (831)
Andreas Fouché (s.15): skyfwerp – 43,65m (838)
Karl Erichsen (s.14): spiesgooi – 44,62m
Hannes Botha (s.15): spiesgooi – 49,33m
Rhodé Nel (m.16): 100m – 12.25 sek. (965)
Lallie Grobler (m.15): 300m hekkies – 47.90 sek.
Nicci Viljoen (m.16): 400m hekkies – 66.88 sek.
Cherise van Duyker (m.19): 400m hekkies – 68.93 sek.
Inge Meyer (m.17): verspring – 4,72m; ook driesprong – 10,42m
Danika Meiring (m.17): gewigstoot – 11,22m
Liané Fouché (m.14): spiesgooi – 28,78m
Derdeplekke (brons)
Charles Nel (s.14): 200m – 24.95 sek. (860)
Handré vd Merwe (s.15): 200m – 24.01 sek. (817)
Devon Nell (s.19): 110m hekkies – 15.40 sek.
Henko de Nysschen (s.17): 400m hekkies – 56.28 sek. (818)
Michael Pretorius (s.17): hoogspring – 1,75m
Duan Bekker (s.19): verspring – 6,25m
Heini Pieters (s.19): driesprong – 12,72m
Quinn van Zyl (s.16): skyfwerp – 37,55m
Coben Putter (s.19): skyfwerp – 38,18m
Neil Henning (s.19): spiesgooi – 50,31m
Suzaan Nel (m.17): 400m – 61.22 sek.
Berna Kok (m.17): 3000m – 11:38.05
Tayla Kotzee (m.17): 100m hekkies – 16.24 sek.; ook 400m hekkies – 71.19 sek.
Cherise van Duyker (m.19): 100m hekkies – 16.53 sek.
Ander individuele prestasies bokant 800 ABSA-punte:
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.29 sek. (836); ook 200m – 22.71 sek. (871)
Christiaan Gates (s.16): 200m – 24.15 sek. (803)
Luthando Mabuza (s.16): 800m – 2:02.84 (914)
Kian Mouton (s.14): 1500m – 4:39.67 (813)
Luan Steyn (s.15): 800m – 2:09.75 (854)
Conrad Grobbelaar (s.17): 800m – 2:01.60 (885)
Kristin Berry (m.14): 800m – 2:28.74 (851)
Mia Steenkamp (m.14): 300m hekkies – 48.48 sek. (821)
Van die ander tye, hoogtes en afstande wat die atletiekpubliek na die komende interhoër sal laat uitsien, sluit in:
Devon Nell (s.19): 400m – 50.03 sek.
Jaytee Boers (s.19): 1500m – 4:11.20
Andreas van Heerden (s.19): 1500m – 4:14.81
Nico Liversage (s.17): 110m hekkies – 15.50 sek.
Suzaan Nel (m.17): 200m – 26.96 sek.
Kristin Berry (m.14): 1500m – 5:16.16
Therese Seyffert (m.16): 1500m – 5:17.48
Jessica Berry (m.19): 800m – 2:29.58; ook 1500m – 5:11.06
Luka Swanepoel (m.17): hoogspring – 1,45m
Benadea Lubbe (m.14): gewigstoot – 9,80m
Silvia Barnard (m.15): spiesgooi – 27,92m
Christine Kruger (m.17): spiesgooi – 29,70m
Foto bo: Douw Kruger, Rhodé Nel en Nicci Viljoen