Benewens die bekende opwinding en bruisende Nellie-gees wat jaarliks kenmerkend van Hoërskool Nelspruit se interhuis is, het ‘n klompie atletieksterre met uitmuntende prestasies die skare op Dinsdag, 15 Januarie, laat regop sit. In die proses het selfs ‘n huishoudelike rekord wat 41 jaar gelede (in 1978) opgestel is, in die slag gebly! Die byeenkoms is trots geborg deur Buco Nelspruit.
Die drie spanne het mekaar vanjaar, soos selde tevore, opgekeil. Die eindtotale, wys duidelik hoe straf daar om die wennerstrofee meegeding is. Uiteindelik was dit die Spartane se spankapteins wat die gesogte trofee omhoog kon hou. Hul totaal van 388 het die Atheners (357) en Trojane (315) getroef.
Die opwinding het breekpunt bereik, toe aangekondig is dat die Spartane ook die 2019-wenners van die sangtrofee was.
Rhodé Nel (meisies 16) het haar planne vir die nuwe seisoen, met skittertye duidelik gemaak. In die 200 m het sy die legendariese Marilise Weich se stokoue rekord van 25.80 sek., met ‘n puik wentyd van 25.72 sek. (878 punte) uit die rekordboeke gevee. Rhodé se 100 m-tyd van 12.19 sek. (939) is ook die tweede beste in die skool se 66-jarige bestaan, en ook in hierdie item, blyk me Weich se 12.10 sek. op wankelrige bene te staan.
Volgens tradisie, is ‘n Victor en Victrix Ludorum in elke ouderdomsgroep aangewys. Die wenners was soos volg:
m.14: Ashley Erasmus s.14: Charles-Timon Nel
m.15: Larise Combrink s.15: Phillip Vogel
m.16: Rhodé Nel s.16: Keenan Visser
m.17: Danika Meiring s.17: Douw Kruger
m.19: Dané Bruwer s.19: Devon Nell
Nuweling Ashley Erasmus (m.14) se naam gaan nog baie by prysuitdelings gehoor word! Sy was vir die beste prestasie in velditems (vir meisies) verantwoordelik toe sy die skyfwerp met ‘n uitmuntende 36,58m (1142 ABSA-punte) ingepalm het.
Dit het Shana Scott se vorige Nellie-rekord met bykans 3m verbeter. Ashley het eweneens in gewigstoot uitgeblink, deur die 3kg-ysterbal op ‘n ongelooflike 13,54m (1014 punte) te laat grondvat! Die ou rekord was 11,87m. SA-atleet Douw Kruger (vanjaar s.17) was die beste atleet onder die seuns (velditems) toe hy ook in gewigstoot (5kg) geskitter het. Sy afstand van 16,65m was 924 punte werd.
Douw het sy afrigter se hart warm laat klop, toe hy ‘n persoonlike beste van 62,06m in spiesgooi behaal het (880 punte). Sy derde 800+ prestasie was in skyfwerp, waar hy met ‘n reuse gooi van 48,23m (846) ‘n vroeë uitdaging aan sy komende opponente gerig het.
Wat die baanitems betref, was Rhodé se 12.19 sek. (100 m vir m.16, 939 punte) die beste onder die meisies. Henco de Nysschen se 23.22 sek. in die 200 m vir s.17 (802) het aan hom die trofee besorg.
Benewens genoemde prestasies, het ‘n hele paar ander atlete, die magiese 800-merk op die ABSA-tabel oorskry – ‘n baie goeie prestasie in die geweldige hitte! Hulle is:
Phillip Vogel (s.15): hoogspring – 1,70m (864)
Larise Combrink (m.15): verspring – 4,92m (837)
Ricardo Raubenheimer (s.15): hoogspring – 1,70m (864)
Mechiel Brink (s.15): hoogspring – 1,65m (823)
Ruan Pretorius (s.14): hoogspring – 1,65m (910)
Karl Ericson (s.14): hoogspring – 1,55m (822)
Ruben Vorster (s.14): verspring – 5,06m (817)
Shanese de Clerq (m.14): hoogspring – 1,55m (955)
Carla Schultz (m.15): hoogspring – 1,51m (867)
Frederik Nel (s.16): gewigstoot – 14,42m (823)
Lize Oosthuizen (m.14): spiesgooi – 30,76m (832)
Die ongemaklike, uitmergelende hitte ten spyt, het talle ander vertonings, die atletiekliefhebbers gewis na ‘n meer as opwindende seisoen laat uitsien. Nog enkele van die uithaler-vertonings:
Handré vd Merwe (s.15): 300 m hekkies – 41.99 sek.
Marco Capazorio (s.15): 100 m hekkies – 14.56 sek.
Janrico Vermeulen (s.19): gewigstoot – 13,50m
Jan vd Berg (s.17): skyfwerp – 41,33m
Coben Putter (s.17): skyfwerp – 40,51m
Neil Henning (s.19): spiesgooi – 49,76m
Zander vd Merwe (s.17): spiesgooi – 54,51m
Karien Goosen (m.15): verspring – 4,75m
Megan du Plessis (m.17): verspring – 4,99m
Shana Scott (m.16): skyfwerp – 31,63m; ook spiesgooi – 30,39m
Nicci Viljoen (m.16): 100 m – 12.90 sek.; ook 100m hekkies – 15.85 sek.
Shanese de Clerq (m.14): 100 m – 13.34 sek.
Kristin Berry (m.14): 800 m – 2:28.10
Berna Kok (m.16): 3000 m – 11:49.03
Lané Taljaard (m.16): 100 m hekkies – 16.62 sek.; ook hoogspring – 1,45m
Larise Combrink (m.15): 100 m – 13.12 sek.
Baie sterkte aan al ons atlete en afrigters vir die reeks vriendskaplike byeenkomste wat om die draai is!